Hoë brandstofpryse ‘gaan voedselsekerheid knou’

‘n Landbou-ekonoom in die buurland sê die aansienlike styging in petrol- en dieselpryse hierdie week kan ‘n nadelige uitwerking op voedselsekerheid hê. Volgens Paul Makube van FNB raak die styging in brandstofpryse boere se daaglikse bedrywighede aangesien hulle op brandstof staatmaak tydens die plant van somergewasse en wanneer wintergewasse geoes word. Makube sê die brandstofprysverhogings, saamgevoeg met voëlgriep en beurtkrag, vererger die probleme waarmee boere te kampe het en het ‘n negatiewe uitwerking op voedselproduksie.