Namibië maak ook op 17 September skoon

Namibië sluit by die res van die internasionale gemeenskap aan om Wêreld-skoonmaakdag op Saterdag 17 September te herdenk onder die tema “This is the only home we have”. Namibië neem sedert 2018 aan skoonmaakveldtogte deel sedert die Namibiese sanger Ees dit eers aangedryf het en dit later ondersteuning van President Hage Geingob ontvang het. Vanjaar se amptelike skoonmaakveldtog sal deur die omgewingsminister Pohamba Shifeta op Grootfontein afgeskop word. Die ministerie doen ‘n beroep op Namibiërs om in groot getalle op te daag en die land skoon te maak en ‘n rekord getal sakke rommel op te tel.