Mededinging in SA is steeds sterk

President Cyril Ramaphosa sê die sukses van baie plaaslike nywerhede in uitvoermarkte bewys Suid-Afrika se inherente mededingendheid in die wêreld. Hy het by die opening van die Sappi Saiccor-meule se uitbreidingsprojek in Umkomaas, KwaZulu-Natal, gepraat. Ramaphosa sê die vervaardigingsbedryf is een van die belangrikstes in die ekonomie en Sappi Limited ondersteun die skep van nuwe werksgeleenthede en beskerming van bestaandes deur sy sakepraktyke te vernuwe: