Tunisië se toenemende migrante in die nuus

Meer as 13 000 Tunisiese migrante het Italië sedert die begin van die jaar per see bereik. ‘n Tunisiese regtegroep sê byna ‘n vyfde van hulle was minderjarig. Die Tunisiese Forum vir Ekonomiese en Maatskaplike Regte sê meer as 500 geheime migrante het ook in dieselfde tydperk aan die Tunisiese kus gesterf of vermis geraak. Sowat 2 635 minderjariges, ongeveer die helfte van hulle sonder toesig, en 624 vroue was onder diegene wat Italië bereik het. Vlugtelinge vanaf Afrika en selfs verder gebruik Tunisië lank reeds as wegspringplek om Europa te bereik.