Namibië het uiters hoë kankervoorkoms

Met ‘n ouderdom gestandaardiseerde koers van 66,8 per 100 000 persone, sal prostaatkanker teen die einde van 2022 die hoofoorsaak van kankersterftes in Namibië wees. Dit word gevolg deur borskanker op 57,6 per 100 000 en servikale kanker op 37,4. Só sê Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië. Hansen sê terwyl Namibië ‘n baie kleiner bevolking as Suid-Afrika en Zimbabwe het, het die land ‘n kanker voorkomskoers van 198,3 per 100 000,terwyl Suid-Afrika op 209,5 staan en Zimbabwe op 200,4. Hy voeg by dat die voorkoms van kanker, gepaard met sterftes regoor die vasteland styg, met ‘n geprojekteerde 1,1 miljoen nuwe gevalle en 711 429 sterftes wat aangeteken is  in 2020. Die algehele kankerlas in Afrika sal na verwagting styg tot 2,1 miljoen nuwe gevalle en 1,4 miljoen sterftes teen die einde van 2040.