Ramaphosa sê nee vir eie polisiemag in Wes-Kaap

President Cyril Ramaphosa het die DA en die Wes-Kaapse regering se oproepe verwerp om die Suid-Afrikaanse Polisiediens se wetstoepassings-magte na die provinsiale polisie-owerhede af te wentel. Ramaphosa sê die Grondwet bepaal dat ‘n provinsiale kommissaris verantwoordelik is vir wetstoepassing in sy of haar provinsie, soos voorgeskryf in nasionale wetgewing en onderhewig aan die mag van die nasionale kommissaris. Ramaphosa sê dit is nie die regering se beleid om wetstoepassings-magte na provinsies af te wentel nie, omdat wetstoepassing ‘n nasionale bevoegdheid is.