Namibië het nie op 27 Desember vakansiedag nie

Terwyl Suid-Afrika die 27ste Desember as ekstra vakansiedag verklaar het, is dit nie die geval in Namibië nie. Die inligtingsministerie sê dit is net van toepassing as ‘n vakansiedag op ‘n Sondag val. In die geval, is Kersdag op Sondag 25 Desember en Familiedag op Maandag 26 Desember. Dus, is die 27ste, die Dinsdag, ‘n normale werksdag. Die ministerie sê hy het reeds verlede jaar, vanjaar se vakansiedae bekend gemaak. In Suid-Afrika is die 26ste Desember bekend as tweede Kersdag, of soos dit in Engels bekendstaan, Boxing Day.