Mboma oefen, geen vakansie vir haar nie

Namibië se goue meisie Christine Mboma het ‘n warrelwind jaar op die atletiekbaan gehad. Christine wat die jaar met beserings begin het, het min kans gehad om aan wedlope deel te neem. Dit was duidelik dat sy nie terug was op haar bekende blitsige beste toe sy vir Namibië ‘n silwermedalje by die Tokio Olimpiese Spele gewen het nie. Haar afrigter en mentor Henk Botha sê daar gaan nie juis vakansie vir Christine wees hierdie feestyd nie, aangesien hulle vir volgende jaar moet voorberei.