Namibië erken vir vordering in MIV-stryd

Alhoewel MIV steeds beduidend voorkom onder vroue van reproduktiewe ouderdom, het Namibië groot vordering gemaak in sy stryd teen MIV. Die land sal volgende maand amptelike erkenning ontvang vir sy Wêreld Gesondheid Organisasie sertifisering vir die uitskakeling van moeder-na-kind oordrag van MIV en Hepatitis B. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walters Kamaya, die skakelbeampte van die gesondheidsministerie, wat sê die organisasie sal Namibië vereer by die eerste Afrika gesondheids-werkmag Beleggings-forum van 6 tot 8 Mei in Windhoek.