Damme begin bodem sien, Hardap op 12,3 persent

Daar is net 22 persent waterbronne in die drie sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien oor, volgens NamWater se weeklikse dambulletin. Von Bach is op 11,5 persent na water van Swakoppoort, wat op 36,8 persent staan, oorgedra is. Omatako is bykans leeg op 0,2 persent. In die Suide is Hardap op 12,3 persent met 773 000 kubieke meter wat in die afgelope week benut is vir die groenskema. Naute by Keetmanshoop is op 47,2 persent en die Oanobdam by Rehoboth het 43,2 persent water. Die Ooste se totale bronne is op 3,2 persent met die Otjiverodam op 4,3 persent. Die twee Viljoendamme by Gobabis is op 4,2 en 6,9 persent. Water word nog steeds in die Olushandjadam in die Noorde gepomp en op die oomblik is hy op 40,7 persent.