BOSA daag Julius Malema uit

Build One South Africa het die EFF-leier, Julius Malema, uitgedaag om hul 140 000 handtekeninge van ondersteuning wat by die Verkiesingskommissie ingedien is, na te gaan, na aanleiding van Malema se skeptisisme. Hulle beskuldig Malema daarvan dat hy hul geldigheid sonder bewyse bevraagteken. Die party doen ‘n beroep op Malema om die befondsingsbronne vir die bekendstelling van die EFF se manifes bekend te maak, en meen daar was moontlik onwettige fondse betrokke. BOSA se Verkiesingshoof, Roger Solomons, het meer.