Namibië draf vanmiddag teen Kenia uit op Stellenbosch

Rugby.. Enige moontlike swak plekke in die Namibiese mondering sal vandag uitgewys word in die rugbytoets teen Kenia op Stellenbosch. Die wedstryd begin 16:00 en word voorafgegaan deur die ander kragmeting in die Wêreldrugby se vierhoekige Stellenbosch-uitdaagtoernooi, tussen Brasilie en Zimbabwe. Theo Grunewald, die tussentydse hoof van die Namibiese Rugby-unie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.