Namibië begin HPV-veldtog teen servikale kanker

Die kabinet het die verkryging en bekendstelling van die Menslike Papiloomvirus-entstof van die Namibiese gesondheidsministerie goedgekeur om servikale kanker te voorkom. Namibië gaan aanvanklik 10 persent of 39 511 meisies tussen die ouderdomme van nege en 14 inent en ‘n inentingsveldtog oor drie jaar van stapel stuur om 70 persent van die geteikende bevolking in te ent. Die kabinet ondersteun die verkryging van die Gardasil 4-entstof deur die Verenigde Nasies se Kindernoodfonds, Unicef. Die gesondheidsministerie moet ook ‘n bewusmakingsveldtog van stapel stuur om die publiek oor die belangrikheid van die Menslike Papiloomvirus-entstof in te lig om servikale te voorkom.