Johannesburg amper reg om van Eskom te ontkoppel

Johannesburg is gereed om van Eskom se krag-voorsieningsnetwerk af te gaan. Burgemeester Mpho Phalatse het dié stap bevestig te midde van die voortslepende beurtkrag waaronder die land gebuk gaan. Phalatse sê die eerste fase van alternatiewe energie-verkryging vir die stad sal voor die einde van die maand aangekondig word: