Namibian Lion Trust help boer ná leeu-aanval

Ná ‘n boer in Kunenestreek, Immanuel Gurirab 76 van sy kleinvee weens ‘n leeu-aanval in ‘n kraal op die plaas Leeukop verloor het, het die Namibian Lion Trust skadunet, geskenk deur Namibiërs Mike en Kate Allison, verskaf, asook sonaangedrewe leeuligte wat deur Desert Lions Human Relations Aid, oftewel Delhra. Delhra sal nog skadunet vir die bomas voorsien wat beter beskerming aan die vee teen die leeus bied. Die Namibian Lion Trust sal ook ‘n bydrae lewer om die boer vir sy veeverliese te vergoed. Hul leeuwagters patrolleer ook die gebied en waarsku boere as die leeus naby hulle is. Tammy Hoth van die trust gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Sy sê alle bomas moet opgradeer word en ligte wat leeus afskrif, moet geïnstalleer word, maar die boere moet die bomas onderhou.