Jong Namibiese vrou gekies vir Amerikaanse Mandela Washington-program

Ester Hango is ‘n jong Namibiese vrou wat ‘n verskil in die samelewing wil maak. Ester is ‘n mentor vir jong Namibiërs op vele vlakke, maar veral in omgewingsbewaring. Sy is deur die Amerikaanse ambassadeur gekies vir die Mandela Washington-mentorskapprogram in Amerika. Sy sou verlede jaar met die program begin het, maar weens die Covid-pandemie, kon sy nie Amerika toe gaan nie. Sy kan nou die program aanlyn doen. Hango gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Hango sê haar doelwit is om te leer en met soveel as moontlik mense te netwerk sodat wanneer sy die program voltooi het, sy die vaardighede kan gebruik om ‘n volhoubare landbouprogram te ontwikkel.