Namibia Digital Nomad-visum in werking gestel vir professionele buitelanders

Die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelings-raad het vanoggend die Namibia Digital Nomad-visum bekend gestel. Deur middel van die visum kan professionele persone, wat nie aan ‘n kantoor verbind is nie en selfversorgend is, vir ‘n bepaalde tydperk moeitevry in Namibië woon, werk en reis. Nangula Shejavali, die bestuurder vir beleidshervormings by raad, sê die doel is om ‘n manier te fasiliteer vir mense om in Namibië te werk, en ook om meer toeriste en beleggers te lok.

Sy het meer besonderhede bekend gemaak oor die vereistes.