Meer as R4m aan dooies in buurland uitbetaal

Die parlementêre portefeuljekomitee vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor dié departement se gemeenskapswerkprogram. Die program was verantwoordelik vir die grootste deel van 4,4 miljoen Suid-Afrikaanse rand se vrugtelose en verkwistende uitgawes wat verband hou met betalings aan werkers van die gemeenskapswerkprogram wat reeds dood is asook mense in diens van die staat. Die program voorsien ekstra kontant aan werkloses om hulle te ondersteun terwyl hulle voltydse of deeltydse werk soek.