Namib Queens opgewonde om Zambië in finaal in Egipte te takel

Die Namib Queens, die Namibiese senior vrouehokkie5-span, is opgewonde om môre teen buurland Zambië te staan kom om sake uit te spook vir die goue medalje in Ismailia, Egipte. Die hokkiespan het reeds vir die Wêreldbekertoernooi 2024 in Muskat, Oman, gekwalifiseer, alhoewel hulle Dinsdag die knie moes buig teen Kenia wat vier doele teen Namibië se twee doele aangeteken het. Afrigter Edwin Handura gesels vanuit Ismaila met Kosmos 94.1 Nuus.