Sowat 110 900 ton sout by Walvisbaai-hawe in agt dae uitgevoer

Die Namibiese Hawens-owerheid, Namport, gaan voort om operasionele mylpale te bereik. Die uitvoer van 110 900 ton sout word oor agt dae by sy Walvisbaai-hawe hanteer. Die Bold Mariner, wat 45 000 ton grootmaat sout gelaai het, was die eerste van vier vaartuie wat weggevaar het op pad na sy volgende hawe in Lagos, Nigerië. Die Maria Da Paz en die Carlota Bolten lê tans by die hawe van Walvisbaai vasgemeer en laai onderskeidelik 4 500 ton sakke sout en 30 700 grootmaat sout. Teen die einde van die week verwag Namport om nog ‘n vaartuig LILA te ontvang wat nog 30 700 ton grootmaat sout sal laai, wat die volumes soutbesending op 110 900 ton te staan bring.