Walvisbaai het alternatiewe planne vir watertoevoer

NamWater doen ‘n beroep op inwoners van Walvisbaai en omliggende gebiede om water spaarsamig te gebruik om watertekorte te voorkom. Volgens NamWater se waarnemende hoof van die kus, Frans Ihuhua, werk sommige boorgate en reservoirs wat water aan Walvisbaai en omliggende gebiede verskaf, onder kapasiteit. Dit is die gevolg van voortdurende kragvoorsiening-uitdagings wat veroorsaak word deur sterk winde en die diefstal van elektriese kabels in die gebied. Kosmos 94.1 Nuus het met John Esterhuizen, die hoofbestuurder vir die departement van water, afval en omgewingsbestuur by die munisipaliteit van Walvisbaai gesels, oor ander maniere van watertoevoer.