Namdia verkoop diamante ‘blind’

Namate die Covid-pandemie die wêreldwye diamantbedryf geraak het, was Namib Desert Diamonds, oftewel Namdia, geen uitsondering nie, met nie ‘n enkele diamant wat in drie maande verkoop is nie. Tog het hulle midde die Covid-krisis ‘n geleentheid gekry om diamante blind te verkoop. Blinde verkope verwys na die verkoop van goedere sonder dat die koper die geleentheid kry om dit te inspekteer. In die diamantbedryf met meer as 13 000 diamantkategorieë, is die die blinde verkope-konsep byna ontmoontlik, maar die skakelbeampte van Namdia, Beverly Coussement, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hul kliënte vertrou hulle.