Korrektiewe dienste maan oor bedrogskemas uit tronkeAugust 17, 2021
Lede van die publiek, veral die sakegemeenskap, kan slagoffers word van bedrogskemas wat vanuit korrektiewe fasiliteite georkestreer word. Na bewering bel gevangenes uit die tronk en doen hulle as potensiale kopers voor. Hulle het ook maniere om bewys van betalings te vervals en gee instruksies oor hoe goedere afgehaal kan word. Die hoof van die Namibiese Korrektiewe Dienste, kommissaris om Shaalulange, waarsku sakegemeenskappe en lede van die publiek. Hy praat met Kosmos 94.1 Nuus.