Namdia borg hokkiespan na Afrikabeker-toernooi

Namib Desert Diamonds, Namdia, het ‘n borgskap van 450 000 Namibiese dollar gekondig aan ten opsigte van Namibië se Hokkie5-span wat van 10 tot 15 Desember aan die Afrikabeker-toernooi in Egipte gaan deelneem. Die Afrika-toernooi sal dien as ‘n Wêreldbeker-kwalifiseringsbyeenkoms vir die nasies wat meeding. Egipte, Namibië, Suid-Afrika, Kenia en Zambië sal in die vroue-afdeling sake uitspook. Beverley Coussement, woordvoerder van Namdia, het met Komsos 94.1 Nuus gepraat.