Veldbrand woed naby Groot-Aub

‘n Veldbrand woed op die plaas Toeval in die omgewing van Dordabis en Stinkwater. Die brand het nog verder wes na Groot-Aub uitgebrei na die Nauaspoortberge. Brandbestryders is op pad, sê Namibian Marshal Ranger Sean Naude aan Kosmos 94.1 Nuus.