Meatco-abattoir op Rundu sal werksgeleenthede skep 

Boere in die Kavango-Oos-streek sien uit na die opening van die Meatco-abattoir op Rundu wat belastingbetalers meer as 110 miljoen Namibiese dollar gekos het. Die abattoir was veronderstel om teen Januarie 2017 ten volle voltooi te wees nadat die sooispitseremonie al in 2014 plaasgevind het, maar finansiële beperkings en uitstel het die proses vertraag. Die tweede proefslagting is afgehandel en na verwagting sal die abattoir aan boere se markvereistes voldoen. By die eerste proefslagting verlede jaar het Meatco ‘n paar foute uitgelig om uit te stryk. Volgens die landbouministerie sal die abattoir na finale goedkeuring aan Meatco oorhandig word. Die goewerneur van Kavango-Oos, Bonifacius Wakudumo sê aan Kosmos 94.1 Nuus die langverwagte abattoir sal as mark vir bees- en bokboere in die twee Kavango-streke dien.

Hy beklemtoon die werksgeleenthede wat hierdie abattoir sal skep..