Namdeb verleng mynleeftyd

Namdeb het vandag sy langtermyn besigheidsplan bekend gemaak. Die maatskappy se hoof uitvoerende beampte Riaan Burger sê dat die myn se leeftyd teen 2022 tot ‘n einde sou gekom het sonder die nuwe plan. Die plan laat toe dat Namdeb se aanlandige mynbedrywighede vir 20 jaar verleng word en die regering het vrywaring gekry op verskeie betalings om die geld in die myn te kan herbelê. In die volgende twee jaar sal produksie op 160 persent van die huidige vlakke wees wat ‘n belegging van 1,8 miljard Namibiese dollar sal benodig. Meer as 2 100 werksgeleenthede sal by die myn behoue bly en 600 nuwe werksgeleenthede sal geskep word. Die verlenging van die myn se leeftyd beteken betalings van ongeveer 40 miljard Namibiese dollar wat direk na die fiskus sal vloei.