Koffie, in ‘n laboratorium gekweek… ja of nee?

Wetenskaplikes in Finland sê hulle het sukses gehad om moerkoffie in ‘n laboratorium te kweek. Hulle sê dit ruik en proe soos die ware Jakob. Daar word berig dat dit meer volhoubaar is om koffie so te kweek. Selle van die koffieplant word in ‘n voedende medium geplaas wat dan groei veroorsaak en tegnies, meen die span navorsers dat enige plantmateriaal op die manier gekweek kan word. Vir elke koppie koffie wat jy drink word 0,13 vierkante meter se grond gekultiveer en kenners voorspel dat die internasionale vraag na koffie sal bly groei. Sal jy die ‘plastic’ koffie drink?