Eagles sal nie geboelie word nie

Die T20 Krieket Wêreldbeker 2021 begin op 17 Oktober in die Verenigde Arabiese Emirate. Namibiërs is opgewonde oor die krieketspan, die Eagles. Hulle is in ‘n moeilike groep ingedeel en speel op Maandag 18 Oktober teen die gedugte span van Sri Lanka wat al die Wêreldbeker gewen het. Die hoofafrigter van die Eagles, Pierre de Bruyn, sê die span sal nie geboelie word nie en hulle gaan speel om te wen.