NAMCOR-vulstasies open op Khorixas, Ekuku

Die Nasionale Petrolumkorporasie van Namibië, oftewel NAMCOR, maak twee nuwe vulstasies op onderskeidelik Khorixas en Ekuku op Oshakati oop. Die vulstasies sal ook ‘n 24-uur winkel hê waar motoriste ‘n koppie koffie kan geniet terwyl hul voertuie gewas word. Die besturende direkteur van NAMCOR, Immanuel Mulunga, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die vulstasies sal werksgeleenthede aan plaaslike mense verskaf wat die dorpe se ekonomie sal stimuleer. Nog drie NAMCOR-vulstasies sal later op Swakopmund, Mariental en Karasburg oopgemaak word.