Kaapse leerlinglisensie-aansoeker kul

Die Stad Kaapstad sê daar is ‘n toename in aansoekers wat in die eksamen kul om hulle leerlinglisensies te kry. ‘n Woordvoerder, Maxine Bezuidenhout, sê indien ‘n persoon uitgevang word, kan dit tot ‘n strafregtelike skuldigbevinding lei wat beteken die persoon mag eers oor 12 maande weer aansoek doen. Sy verduidelik dat kul-bladsye dikwels gebruik word, soos wat vandag gebeur het.