Wes-Kaapse veldhospitaal bring hoop

Die Wes-Kaapse regering vier tans die eerste bestaansjaar van die Brackengate-hospitaal van Hoop. Die veldhospitaal het opdrag gekry om te verseker die gesondheidsorgstelsel kan reageer tydens hoogtepunte van Covid-besmettings. Dit is in Julie 2020 gestig en daar is 336 beddens. Die premier, Alan Winde, het ‘n beroep op die publiek gedoen om die pasiënte in die hospitaal te ondersteun as deel van die herdenkings-vieringe. Hy het die hospitaal besoek om eerstehands die bedrywighede te ervaar en het ook ‘n spesiale versoek vanaf die personeel ontvang.