Namcor poog om olieproduserende maatskappy te word
Na ‘n openbare tender deur die staatsbeheerde Sonangol-oliemaatskappy vir die gedeeltelike verkoop van hul deelnemende belange in verskeie olie-eksplorasie-blokke van hul portefeulje, is die Nasionale Petroleum-korporasie van Namibië, oftewel Namcor, saam met sy vennote, Sequa Petroleum en Petrolog, ‘n 10 persent-belang in ‘n produserende blok toegeken. Paulo Coelho Namcor se kommunikasiebestuurder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hul strewe om ‘n olieproduserende maatskappy te word.