Behuising hou nie tred met vraag nie, Nam val agter

Die Namibia Country Private Sector Diagnostic-verslag van die Wêreldbank en die Internasionale Finansieringskorporasie toon dat die land se owerhede nie tred hou met die vraag na behuising nie. Luidens die verslag sal die stedelike bevolking teen 2030 van 52 persent tot 60 persent toeneem, met ‘n jaarlikse verstedelikingskoers van ongeveer 3,8 persent of 50 000 mense in 13 500 nuwe stedelike huishoudings. Dit lei tot die vinnige uitbreiding van informele nedersettings. Daar word gemeen dat die huidige behoefte ongeveer 45 000 eenhede bereik wat eintlik ’n belangrike ekonomiese geleentheid bied.