Ramaphosa sê vrede moet in eSwatini bewerkstellig word

President Cyril Ramaphosa sê die opstand in eSwatini is steeds ‘n groot bron van kommer vir die streek. Ramaphosa wat ook die voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se liggaam vir politieke, verdedigings- en sekerheidsamewerking is, het verlede week die voormalige kabinetsminister, Jeff Radebe, as sy spesiale afgevaardigde saam met verteenwoordigers van Namibië en Botswana na eSwatini gestuur. Inwoners van eSwatini eis die bedanking van die koning in die land wat voorheen as Swaziland bekend gestaan het. Ramaphosa sê vrede moet in eSwatini bewerkstellig word: