Namcor doen al die regte goed om kommersiële entiteit te word

Namcor werk uiters hard om homself as kommersiële entiteit, sonder enige inset van die regering, te vestig. Die maatskappy, wat reeds sy eie kleinhandelbedryf het, sowel as 10 persent aandeelhouding in beide TotalEnergies en Shell se olievondse in die Oranje-bekken, het aanpassings gemaak aan sy ReconAfrica aandeelhouding. Hy het die helfte, 5 persent van sy aandeelhouding daar aan die Kanadese reus verkoop vir 2 miljoen Amerikaanse dollar en 5 miljoen aandele in die maatskappy in Kanada. Dit is nog onderhewig aan goedkeuring maar dit blyk dat Namcor die regte stappe neem. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskappy se woordvoerder Paulo Coelho gepraat.