Groep Duitsers dagvaar hul regering oor vuil lug

‘n Groep Duitse inwoners beweer hul reg om skoon lug in te asem word geskend en dagvaar die regering oor wat hulle sê gevaarlike hoë lugbesoedelingsvlakke is. Daar word berig Duitsland se lugbesoedelingsvlakke oorskry dikwels die Wêreldgesondheidsorganisasie se grense. Sewe-miljoen voortydige sterftes word elke jaar wêreldwyd aan lugbesoedeling gekoppel. Die saak volg nadat die advokaat-generaal van die Europese Hof van Justisie in Mei gesê het burgers kan sulke stappe doen om vergoeding te probeer ontvang.