Aanlyn-bedrogpogings vanuit Namibië neem skerp toe

Die tempo van vermeende digitale bedrogpogings vanuit Namibië na Suid-Afrika het in die tweede kwartaal van vanjaar met 36 persent toegeneem vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar, en vergeleke met ‘n 14 persent afname wat wêreldwyd aangeteken is. Dit is volgens TransUnion se kwartaallikse bedrogontleding. TransUnion sê die finansiëledienstebedryf het ‘n massiewe toename in vermeende digitale bedrogpogings van 229 persent op jaargrondslag, terwyl die dobbelbedryf ‘n toename van 179 persent op ‘n jaargrondslag aangeteken het. Die grootste dalings van Namibiese-gebaseerde aanlyntransaksies het voorgekom in reis en ontspanning, wat met 39 persent gedaal het, kleinhandel wat met 9 persent gedaal het en gemeenskappe, wat aanlynforums en afspraakwebwerwe insluit, wat ook met 9 persent gedaal het.