Namcol het meer bronne vir meer leerders vanjaar

Die Namibia College of Open Learning, Namcol, sê hy kan meer leerders wat nie vir tersiêre instellings gekwalifiseer het nie, vanjaar bystaan na bykomende ondersteuning van die regering bewillig is. Die kollege se direkteur vir kurrikulum- en materiaalontwikkeling, Jan Nitchke, sê dat met die aanlyn aanbieding wat tydens Covid uitgebrei is, is die aantaal leerders eintlik onbeperk. Hy sê die grootste uitdaging is die druk van studiemateriaal waarmee die kollege reeds begin het. Sy aanmerkings kom na die powere vertoning van die 2022 akademiese jaar met minder as 15 persent van leerders wat vir tersiêre opleiding gekwalifiseer het. Namcol het in 2021 rondom 38 000 leerders gehad. Registrasie vir die akademiese jaar begin op 30 Januarie.