Dis Cassia Sharpley op die wêreldverhoog vanaand…

Michelle McLean wat al die kroon vir Namibië by Mej. Heelal in 1992 verower het, is die mentor van Mej. Namibië 2022 Cassia Sharpley wat aan die 71ste Mej. Heelal-skoonheidskompetisie in New Orleans, Louisiana, deelneem. Michelle woon in Amerika waar sy vir Cassia touwys maak om die kroon te verower. Die kroning van Mej. Heelal vind vanaand in die VSA, drie-uur môreoggend plaaslike tyd, plaas. Skoonheidskoninge van 90 lande ding mee om die kroon. Michelle wens vir Cassia alle voorspoed toe.