Eselmaanhaar brand steeds, hulp nodig

Die veldbrand by Eselmaanhaar suidoos van Rehoboth is steeds nie onder beheer nie. Die brand het Dinsdagmiddag as gevolg van weerlig in die berge ontstaan en is vroeg vanoggend onder bedwang gebring aan die suidelike kant van die berge. Maar, die jongste berigte lui dat die vuur nou aan die noordelike kant die voet van die berge bereik het en met sterk winde, is bystand dringend nodig omdat die veld nou brand. Daar is kommer omdat die vuur moontlik oor die pad kan spring en dan sal dit heeltemal buite beheer raak.