Komati-kragstasie is afgesit, lewensduur bereik – Eskom

Eskom sê die steenkoolaangedrewe Komati-kragstasie in Mpumalanga het vandag die einde van sy lewensduur bereik en is om 12-uur vanmiddag afgesluit. Die kragstasie het Suid-Afrika sedert 1961 bedien. Komati se eenheid nege is in Maart 1966 in gebruik geneem, die laaste van die nege eenhede wat gebou is. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê ander eenhede is oor die jare afgesluit aan die einde van hulle bedryfs-leeftyd, wat volgens wet ‘n vereiste is: