Nam ook gekant teen waarnemerstatus van Israel by AU

Die Namibiese regering is, nes owerhede in Suid-Afrika, gekant teen die waarnemerstatus wat die Afrika-unie aan Israel toegeken het. Die kommissie van die AU het verlede week dit status aan Israel toegeken. Die Namibiese ministerie van internasionale betrekkinge sê hy sal die voorbeeld van sy eweknie in Suid-Afrika volg en ook binnekort ‘n verklaring in die verband uitreik. Penda Naanda, uitvoerende direkteur by die ministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.