Jeug-inentings help hele SA-samelewing

Die inenting van jongmense oral in Suid-Afrika gaan die hele buurland se samelewing bevoordeel. Dit is die mening van ‘n kundige op die gebied van aansteeklike siektes, professor Salim Abdool Karim. Hy wys daarop dat inenting van die groep nie slegs individuele voordele inhou nie, maar ook die algehele gevaar van besmettings in die meeste gebiede sal help verlig. Karim beklemtoon ook die fokus behoort steeds te wees om die inentingskoers van diegene ouer as 60 te verbeter.