Nam-Duitsers vra vir gedenkplek by Shark-eiland

Die Forum van Duitssprekende Namibiërs sê Shark-eiland moet ‘n waardige gedenkplek word ter herinnering aan die duisende Ovaherero wat daar as krygsgevanges aangehou is deur die koloniale Duitse magte. Die eiland is reeds as nasionale erfenisterrein verklaar maar, word steeds deur Namibia Wildlife Resorts as kampeerterrein vir toeriste gebruik. Harald Hecht, die voorsitter van die forum sê die oppervlakkige gebruik van die plek is nie korrek nie.