Bulle skop VRK-veldtog af op ‘n wennoot

Die Bulle het hulle aanslag op die Verenigde Rugbykampioenskap gister op ʼn wennoot begin deur die Leeus in ʼn sukkelwedstryd met 31-15 te verslaan. In ander uitslae het Cardiff vir Munster die eerste keer in vier jaar geklop met ʼn wentelling van 20-13. Ulster het die seisoen met ʼn oortuigende bonuspunt-oorwinning oor hulle Ierse teenstander, Connacht in Belfast afgeskop. Die Ospreys moes in die laaste minuut van ʼn opwindende derby teen die Scarlets in Llanelli ʼn doelskop aanteken om met 23-elk gelyk te speel. Edinburgh het stadig begin, maar uiteindelik ʼn klinkende oorwinning van 44-6 oor die Dragons behaal.