Nalvalny se beweging verban

Alexey Navalny se politieke beweging is aan bande gelê en Moskou se hoofaanklaer vra ‘n hof om dieselfde te doen met die teenkorrupsie-stigting wat die Russiese opposisieleier gestig het. ‘n Advokaat wat Navalny en die stigting verteenwoordig, het dit op Twitter bevestig. Navalny het sy eetstaking van byna drie weke oor die naweek in ‘n hospitaal in Vladimir, oos van Moskou laat vaar. Hy word sedert Januarie aangehou nadat hy vanaf Duitsland na Rusland teruggekeer het, waar hy vyf maande was om van senuwee-vergiftiging te herstel.