Eerste konsultasies oor teenkorrupsie strategie

Die Teenkorrupsie Kommissie sal sy eerste konsultasies in verband met die teenkorrupsie strategie in die 4 sogenaamde O-streke hou. Vergaderings begin die week. Volgens Josephine Nghituwamata, die Woordvoerder by die kommissie, is dit belangrik dat rolspelers insae het oor die bepalings van die nuwe strategie.