Naloba, Alweendo vergader oor opmerkings
Die Namibië Plaaslike Besigheidsvereniging, Naloba, en mynwese-minister Tom Alweendo het ‘n vergadering gehad met Naloba se prokureur, Kadhila Amoomo. Dit kom nadat Naloba die minister versoek het om sekere opmerkings wat hy tydens die Namibië Internasionale Energiekonferensie gemaak het terug te trek, en om in die openbaar alle Namibiërs om verskoning te vra. Naloba se president, Erastus Shapumba, sê Alweendo het die nasie beledig deur te sê Nambiërs moenie geregtig voel op natuurlike hulpbronne soos olie en gas nie, maar moet eerder hard werk en mededingend wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Amoomo gepraat oor hoe die vergadering verloop het.