Knyp die beursie toe; produkpryse gaan nie daal

Trek maar die gordels nog stywer vas, want pryse van produkte gaan nie daal nie. Inflasiesyfers toon dat verbruikersprys-inflasie op hierdie stadium laer is as produsente inflasie. Volgens Dr. Frikkie Maré, ‘n Landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, is produsenteprys-inflasie ‘n goeie aanwyser van wat met die verbruiker kan gebeur. En dit is nie goeie nuus nie.